Netvlerkiges

Netvlerkiges
Libelloides coccajus
Wetenskaplike klassifikasie
Koninkryk:
Filum:
Klas:
Subklas:
Infraklas:
Superorde:
(geen rang):
Neuropteroidea
Ordes
Sinonieme

Neuropterida Whiting, Carpenter, Wheeler & Wheeler, 1977

Die netvlerkiges (ordes Megaloptera, Rhaphidiodea en Neuroptera) is 'n groep insekte waarvan die volwassenes almal dun, deursigtige vlerke met heel party are het, maar wat hoofsaaklik op grond van hul gedaantewisseling in drie ordes verdeel word. Vroeër is hulle as subordes van een orde, die Neuroptera, beskou, en sekere deskundiges beskou hulle tans nog so.

Bekende verteenwoordigers is die mierleeutjies, wat eintlik larwes is, en die goudogies. Alle netvlerkiges ondergaan volledige metamorfose en sowel die larwes as die volwassenes is roofdiere. Die netvlerkiges is 'n groep insekte waarvan die volwassenes baie ooreenkom, maar wat op grond van verskeie verskille, veral in gedaante- wisseling, in drie ordes verdeel word. Hulle is die Megaloptera, waarvan die larwes waterlewend is, die Rhaphidiodea en die Neuroptera.

Vroeër is die drie ordes as subordes van die orde Neuroptera beskou. Twee paar uiters dun, deursigtige vlerke met 'n netwerk van dun are is kenmerkend vir al die netvlerkiges. Hierdie vlerke kom baie ooreen met die van die lede van die orde Odonata (naaldekokers), hoewel daar verder geen verwantskap tussen die twee groepe is nie. Die netvlerkiges is ook nie sulke goeie vlieërs soos die naaldekokers nie, en hulle liggame is ook sagter en swakker as die van die naaldekokers.

Die antennae is knuppelvormig verdik en die bytende monddele is goed ontwikkel. Die netvlerkiges leef van groot getalle myte, insekte-eiers en -larwes en van volwasse insekte soos vis motte en plantluise. Veral lede van die familie Chrysopidae is baie belangrik in die biologiese beheer van plantluisplae omdat hulle so baie daarvan eet.


© MMXXIII Rich X Search. We shall prevail. All rights reserved. Rich X Search